Half-Blood Prince Countdown





Monday, 13 October 2008

Sorry, Afrikaans Only

Gisters

Hoe gemaak op ‘n dag soos gister,
gejaagd; gewaagd; gefuif; gekastei
deur stormwinde van ‘n verlede: 
ek en jy.

Ek en jy, jy en ek, ons,
wat is, wat was, was nooít weer sal wees
net ‘n dwalende gees
uit soveel verlore gisters.

Blond, brunette, vlamwarm
my siel bly arm, moeg van al die waansin-soeke
na perfeksie, na sprokies, want hul
almal verander in spokies wat my slaap verjaag.

More sal die son weer skyn,
die nag verdwyn
en ek;
ek skink net nog ‘n glas wyn…


                                                                               Carla Botha 


No comments: