Half-Blood Prince Countdown





Wednesday, 23 July 2008

Hallo Ma!

HALLO MA!!! 

Baie dankies vir die oulike onderbroekies wat Ma vir my op die plaas uit meelsakkies gemaak het. Die meeste van hulle het groot reaksie by die Gooste" hier by die varsity uitgelok. 

Sannie het my onderbroekie heel aand net stip gesit en bekyk** dis nou daai een waar voorop staan "SELF-RAISING". Heel aand nie 'n oog verroer nie. Sy het lateraand net gesê "Dit werkie !" Wat nie werkie, weet ek nou noggie. 

Maar Magriet het haar nou die aand geniet toe ek die een aangehad het waar voorop staan " ROL DUN UIT" .. Sy is 'n handvol en was nogal plesierig. Maar jislaaik is sy nogal rats met daai ou klein handjies van haar. 

Al bogger-op wat ek nou nog nie kan verstaan nie, is die klap wat Berta my gegee het gisteraand. Sy verstaan seker nie watse moeite dit is om so 'n plaasonderbroek te maak nie. Ek het net 'n uur gekuier en toe ek met my ander onderbroek wou spog, haak sy af en klap my van die bed af. Ma weet mos dis daai een waar in rooi staan "IDEAAL VIR VETKOEKE" 

Weet nou nog nie wat haar storie was nie, sal hom maar eers bêre !

Any-way, Ma ,laat dit lekker gaan op die plaas !! 

Van jou Pietie

xxxxx 

No comments: