Half-Blood Prince Countdown





Friday, 11 July 2008

Guess What Was For Supper?


Soos meeste van ons vriende an familie nou al weet het ons, die Binns familie ook n tradisie! Die tradisie behels om elke 2de week, of op n Woensdag of Donderdag aand, afhangende van die werks ure, by die Lategan’s, my tannie en oom te gaan eet! Die tradisie het begin toe ons Kuilsrivier toe getrek het na my ma se dood 4 jaar gelede. Van daai tyd het ons dit n instelling gemaak, dis amptelik familie tyd en tyd om op te vang wat in en om ons lewens gebeur.

So hoekom noem ek dit op my blog? Wel eerstens is dit my blog en ek kan doen en skryf net wat ek wil, maar eintlik is dit vir twee van ons beste vriende: Shawn en Mel! Soos ouder gewoonte kry ek altyd n Skype boodskap van Shawn net nadat ons by die huis gekom het van ete, met die vraag: So, what was for supper? Dis die dat ek nou maar besluit het om weekliks my blog aan te vul met: “Guess what was for supper?”, met die hoop dat hulle darem so af en toe my blog sal lees, al is dit net om uit te vind wat vir aandete was die week!

Geniet dit ouens, net jammer julle kon nie self proe, want die week was die Hoender Pastei en Mash uitstekend!

No comments: