Half-Blood Prince Countdown





Tuesday, 05 August 2008

Kindergebedjie..........

DIE DIERBAARSTE OOIT!!!

Die briefie is deur 'n kind aan Liewe Jesus geskryf. Dit het in die
gemeentebrief van Kuilsrivier verskyn: 

Liewe liewe Jesus,

Ek hoop nie ek is te laat met my briefie nie, want oupa is baie siek.Nou wil ek net gou-gou vir Liewe Jesus vertel wat oupa van hou, sodat as hy in die hemel kom, als reg sal wees. 

Liewe Jesus, sê tog vir ouma sy moet die afval en doekpoeding reghou, want ek dink oupa sal honger wees as hy daar kom. Jesus weet mos self hoe ver is die hemel van die aarde af en as mens so ver gery het, is mens baie honger.  Sorg asseblief dat daar baie boeke is, want oupa het graag gelees toe hy nog jonk was. Hy hou niks van katte nie, want hy sê dit laat sy bors toetrek.
Hy's mal oor honde, so dit sal goed wees as liewe Jesus vir Brak wat verlede jaar dood is, daar kan hê. O ja: Liewe Jesus, oupa snuif en net Singleton, dit sal nie help om anner snuif te koop nie. Liewe Jesus gaan net die geld mors.

Dan een laaste ou gunsie: My oupa het nooit van blink goeters gehou nie, en ek lees in die Bybel die strate in die hemel is van goud. Ag Jesus, dis nie dat oupa ondankbaar is nie, maar hy sal eerder daarvan hou om in die veld tussen die voëltjies en diere te bly. So asseblief, as ouma daar in die blink strate bly, laat sy asseblief dadelik bos toe trek, want as oupa daar kom, sal sy by hom wil wees. Ek dink ek het nou als gesê wat ek moet.

Stuur hierdie xxx vir ouma

Ek lief Jesus duisend, Liewe Jesus. 

Lize-Mari de Jager 

No comments: