Half-Blood Prince Countdown





Monday, 15 September 2008

Die Kar Wat Jy Bestuur (Sorry Only Afrikaans)

ALFA: Passievol en romanties, jy's mal oor jouself! Effens onbetroubaar en soms eksentriek. Jy haat BMW-bestuurders, maar dink en gedra jouself nes hulle

AUDI: Jy wil graag glo jy's deel van die nuwe generasie wat omgee, omge-wingsbewus en familie-georiënteerd is. En eintlik is jy maar fokken vervelig en ry niks meer as ‘n krismis-bus nie. Jy sal waarskynlik eendag met ‘n Merc ry, maar sal altyd wonder of jy nie maar daardie BMW moes gekoop het nie.

BMW: Selfgesentreerd, ambisieus, dinamies en uiters bewus van jouself. Gewoonlik ‘n windgat vark, hou daarvan om te beïndruk, maar eintlik net ‘n yuppie wie se vervaldatum al verstryk het. Dink jy sal eendag die CEO van die maatskappy wees, maar jy’s net ‘n kantoor-nerd wat dink jy’s die spil waarom die hele wêreld draai. 

DAEWOO: Gee nie ‘n fok om vir “image” nie en verkies betroubaarheid, daarom word jy nie maklik in die verkeer raakgesien nie, daarom stel “hi-jackers” ook nie in jou belang nie. Jy’s ook ‘n pyn in die gat oor die toestand en instandhouding van jou beskeie voertuigie en laat niemand anders toe om te bestuur nie, net vir in-geval hulle dalk in jou ou karretjie sou poep.


FIAT: Oulike, selfversekerde meisies wat teen die beroepsleer wil uitklim, met ‘n “fokkie-res” verskuilde agenda. Sal elke fokken besitting van jou vat as sy van jou skei. 

FORD: Jy leef nog in die 70’s, sukkel jou gat af om by die 90’s aan te pas, wat nog van die millennium! ‘n Lojale, getroue werker, maar oorbluf deur die kantoor- en arbeidsbeleid. Jou volgende kar sal waarskynlik weer ‘n Ford wees.

HONDA: Jou lewensideaal is ‘n BMW. Jy’s net op eie opinies ingestel en is ‘n absolute pyn in die gat en ook die baas se skelm (manlik of vroulik!).

ISUZU: Jy’s mal oor die reuk van diesel en het ‘n geheime fantasie om ‘n lorriedrywer te wees.

KIA & HYUNDAI: Nogal vooruitstrewend, intelligent en prakties, maar mislei. Quite progressive, intelligent and practical. But misguided. Die tipe persoon wat ‘n subkomitee sal voorstel om die oplossings te vind wat die komitee nie kon nie. Jy sal daarby hou dat ‘n Koreaanse kar beter as die Japanese model is.

JEEP: Jy sal graag wil glo jy beleef die Amerikaanse droom van die ongerepte buite-lewe. Die naaste wat jy egter daaraan kom is om op TV na “Days of Our Lives” en die “Adventure Channel” te kyk!



LAND ROVER: Jy is ‘n ontwerperspersoon with a ontwerperslewe, wat altyd te veel vir alles betaal. Ontwerpersmodder word gratis saam met die Landrover-“badge” voorsien. Jy’s ‘n rasis en het fantasieë oor Koningin Elizabeth van Engeland. As jy ‘n Freelander het, is dit waarskynlik ‘n egskeidingsgeskenk van jou eks

MAZDA: ‘n Ford-bestuurder met minder geld, vervelig, geen “image” en minder verbeel-ding. driver with less money. Baie afgetrede mense bestuur Mazdas. Jy’s net in almal se pad en behoort by die huis te bly.


MERCEDES-BENZ: Verantwoordelik, onberispelik en konserwatief. Vervelige CEO-klone met te veel geld, of die super kantoor-fossiel wat nie kan onthou hoe voel pret nie. Jy’s definitief nie “date”-materiaal nie.


NISSAN: Goeie, standvastige, hardwerkende, verantwoordelike kantoorwerker. Jy hou daarvan om te reis en hou vol jy’t die vermoë om ys aan die Eskimo’s te verkoop. Jou geliefkoosde antwoord : “Dis ‘n maatskappykar.”



OPEL: “Wannabe Schumachers”. Sal graag ‘n VW wil hê want Duitse tegnologie is jou evangelie. Jy’s alewig haastig, maar kry nooit iets gedoen nie. Jy spandeer al jou geld op modifikasies om vir ‘n BMW 3-reeks te kan wegry.

PAJERO: Nie so etiket-bewus soos jou Land Rover-eweknie nie, maar glo vas in die ultimate Paris-to-Dakar, Africa-advontuur. Jy ry deur poele om jou eie ontwerpersmodder te skep. Jy glo jy het die statustoets geslaag, maar almal weet daar lê nog ‘n lang pad vir jou voor.

PEUGEOT: Jy dink Frankryk is die beste land in die wêreld en verveel almal met jou beperkte Franse kennis en stories oor die Louvre en die Sourbonne.

PORSCHE: Klein manlike geslagsdele


RENAULT: ‘n Eksensentriek wat daarvan hou om dinge verkeerd-om te doen. Gewoonlik die een wat al die belanglike vrae op personeelvergaderings stel. Jy glo vas jy het styl, maar dis minder as safaripak bo-oor ‘n langmou trui. Jy’s waarskynlik skeef.

SSANYONG: ‘n Idioot wat in ‘n droomwêreld leef, want jy wil graag ‘n Pajero hê, maar jy kan dit nie bekostig nie. Jy’t geen idee dat die enjins in Indië en nie in Duitsland vervaar-dig word nie

TOYOTA: Alhoewel daar duisende van hulle is, word hulle gewoonlik nie in hulle “zero-image”-karre raakgesien nie. Toyotas is goeie, betroubare karre en word deur ‘n verskeidenheid mense met zero-persoonlikheid gekoop, om by hulle karre te pas. Skyt-bang mense wat nooit enige kanse waag nie en daarom vir ewig Toyotas sal bestuur. Die mees “zero-image” kar ter wêreld? …. ‘n wit Toyota!

VOLKSWAGEN: Hoogs oordrewe vir betroubaarheid sedert die Beetle-dae, maar het ‘n goeie her-verkoopwaarde. Gewoonlik praktiese, verstandige mense wat daarvan hou om vinnig te ry waar niemand hulle kan sien nie. Gewoonlik irriterend VW-lojaal omdat hul eerste spyker op die agterste sitplek van ‘n Beetle plaasgevind het.


VOLVO: So preuts en veilig soos die kar.


No comments: