Half-Blood Prince Countdown





Tuesday, 02 September 2008

Iemand Anders Se Oe.......

Het jy gehoor van die boer wat ongelukkig begin raak het met sy plaas en toe besluit hy om dit te verkoop? 

'n Paar dae later bel sy eiendomsagente en vra toestemming om die plek in die tuiskoerantjie te adverteer.

Sy het die advertensie vir die boer gelees. Dit het die plasie beskryf as 'n pragtige plekkie in 'n ideale omgewing - stil en rustig, omring deur groen heuwels, gevoed deur die dam en geseën met goed-geteelde diere.

Die boer sê, "Lees dit weer vir my."

Nadat hy dit 'n tweede keer gehoor het, sê hy, "Ek het van plan verander. Ek verkoop nie meer nie. Ek het my hele lewe lank nog na so 'n plek gesoek."

Wat het verander? Sy perspektief. Soms moet 'n mens dit wat jy as vanselfsprekend beskou, of dit wat jy as alledaags sien en wat begin om jou te verveel, sien deur iemand anders se oë, sodat jy dit weer kan waardeer.

Neem 'n oomblik om regtig eerlik te wees oor jouself en jou lewe,en te dink aan hoe geseënd jy eintlik is...

No comments: